Ons het dit gewaag om te bou en ons is nie baie ver van klaar nie! Alle eer aan die Heer vir sy voorsiening in hierdie saak en dankie
aan elkeen wat bygedra het in watter vorm ookal.
Ons is uitgedaag om 'n gemeente te wees in die WARE sin van die woord.
OM DIT OP TE SOM:
GEMEENTE IS:
Die eklesia (uitgeroepenes) wat in lewende verhouding met die Heilige Gees wandel.
Mense wat die visioen van die gemeente deel - gesien het - en daartoe verbind is deur betrokkenheid en die aanvaarding van eienaarskap.
Mense wat gereeld onderling bymekaar kom om God te eer, getuienis te deel en opgebou te word in geloof deur die Woord!
Die volwasse man in proses - groei in ervaring in die woord van geregtigheid.
Dissipelmakers
Mense wat omgee vir ander met die daad en in waarheid.
Lees die volgende skrifgedeeltes (en nog baie meer) en bepaal vir jouself waar jy staan en of dit jou visie vir die gemeente is?
Ps. 17:15 | Ps. 94:22 | Ps. 116:7 | Jes. 59:21 | Jes. 60:1+2 | Kol. 1:9 | Kol. 2:9+10 | Fil. 2:15+16 | Ef. 3:17-21
Geregtigheid (Grieks = 'Dikaiosuné')
Goeie nuus - Die Geregtigheid Boodskap: Die woord geregtigheid is afgelei van die grondwoord 'Diké'. Die betekenis is
verreikend! 'Diké' beskryf twee partye wat gelyke waarde in mekaar vind. Geen liefdesverhouding kan sinvol ontwikkel indien
die twee partye wat daaraan deelneem, nie gelyke waarde aan mekaar toeken nie.
'Dikaiosuné' beteken:
Om reg te wees met - gelykwaardige stand te hę.
Om niks verskuldig te wees nie - onskuldig.
Om aan die verwagte standaard te voldoen
Die Geregtigheid van God beskryf dus hoe reg God met Homself is, hoe onskuldig Hy teenoor Homself staan
en tot watter mate Hy aan Sy eie standaard van lewe voldoen!