Goeie Nuus - Nuwe LEWE Onder Die Genade

Lewe in oorvloed

Romeine 8 vers 10,14 en 15


10: Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
14: Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
15: Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

LEWE IN OORVLOED - GEBED

    Vader in die Hemel

    Ek ontvang nou op hierdie oomblik U oorvloedige Genade en die geskenk van Geregtigheid.

    Ek kan nie veroordeel word nie, omdat ek die geskenk van Geregtigheid het.

    GEREGTIGHEID:

    Wat my skoon maak (vry maak) van skuldgevoelens

    Dit is waarvoor U betaal het aan die kruis.

    Dit is waarvoor U gesterf het.

    Om vir my LEWE in oorvloed te gee.

    'n LEWE wat heers

    'n LEWE van oorvloed

    U LEWE heers in my liggaam

    U LEWE heers in my siel, my gedagtes en my emosies

    U LEWE heers in my gees,in my omstandighede en oral om my

    Enigeen wat my aanraak, wat naby aan my kom, voel hierdie LEWE

    Hulle ervaar hierdie LEWE en dit gaan goed met hulle.

    Dankie Vader

    In Jesus Naam

    Amen



Jan Brand Boeke

Klik die op 'n boek hieronder vir meer inligting.

Artikels