Lewe Onder Die Nuwe Verbond

Hebreërs 8:10

10 ... Ek sal my wette in julle verstand gee en dit op julle harte ...skrywe; en Ek sal vir julle n God wees, en julle sal vir My n volk wees.

Na watter wette verwys God as Hy sê, "Ek sal My wette in julle verstand gee en dit op julle harte skrywe"? Hy verwys beslis nie na die Tien Gebooie , wat bekend staan as die wette van die ou verbond nie . Want God het gesê dat Hy fout vind met daardie verbond en verklaar dit as verouderd. (Hebreërs 8:7-9, 13... As Hy sê n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.)

Die wette wat God in ons gedagtes en op ons harte skryf verwys na die koninklike wet van die liefde (Matthew 22:37-40), die volmaakte wet van vryheid (Jak 1:25) en die wet van die geloof. (Rom. 3:27) Dit is die wette van die nuwe verbond.

Jy lewe volgens die wette van die nuwe verbond wanneer jy bewus raak van hoeveel God jou liefhet. En hoe meer bewus jy word van Sy liefde vir jou, hoe meer sal jou hart gevul wees met Sy liefde. Wanneer dit gebeur, sal jy God en die mense rondom jou bonatuurlik en moeiteloos lief hê. Dit wat God op jou hart skryf is die koninklike wet van die liefde - dat ons Hom lief het, omdat Hy ons eerste liefgehad het. (1 John 4:19)

Tweedens, wanneer jy weet dat jy heeltemal aanvaar is deur God ter wille van Jesus se offer, het jy die moed en die vryheid om as 'n kind van God met vrymoedigheid in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader te wandel. In Sy teenwoordigheid is Hy in staat om nuwe begeertes op jou hart te skryf. Jy sal outomaties die regte ding doen op die regte tyd. Jy sal oorwinnend leef binne en buite. Dit is die volmaakte wet van vryheid in jou lewe.

Derdens, wanneer jy beleef wat God op jou hart en in jou gedagtes skryf word jou geloof geaktiveer en veroorsaak dit dat jy Hom en Sy liefde ten volle vertrou . Hy noem dit gehoorsaamheid aan die wet van die geloof. Wanneer dit gebeur, sal jy ontvang wat jy glo! ( Soos ek dink, dit sal ek beleef; Wat ek praat – dit is my gedagtes – dit sal ek ervaar.)

My vriend, God het dit maklik gemaak en jy sal vind dat dit opwindend is om onder die nuwe verbond te lewe.

Jan Brand Boeke

Klik die op 'n boek hieronder vir meer inligting.

Artikels