As jy nog nie Jesus Christus ontvang het as jou persoonlike Verlosser nie - bid dan die volgende:
Hemelse Vader, Dankie vir U liefde vir my.
Dankie dat U my sondes vergewe het deur die bloed van Jesus. Hulle is verwyder uit my lewe.
Dankie Vader ek sal nooit ooit weer veroordeel word vir my sonde nie.
Ek is gered en verlos vir ewig.
Dankie Vader daar is sekuriteit in U liefde vir my.
Dankie Vader ek is geseënd, U begunstigde en word onvoorwaardelik liefgehê omdat ek in Christus is..
Dieselfde lewe wat in Christus vloei, vloei ook in my.
Dieselfde vrede, dieselfde vreugde wat in Christus vloei, vloei ook in my.
Hoe kan die hoof ryk wees en die liggaam nie?.
Ek is die liggaam van Christus.
Sy vrede, Sy krag, Sy genesing, Sy gesondheid vloei in Sy liggaam en vloei in my.
Dankie Vader, Jesus Christus is my God.
In Jesus naam.
Amen.
Bid die volgende as jy begeer om Juses Christus aan te neem as jou verlosser uit die "tronk" van sonde. "Prison Break"
Dierbare Hemelse Vader
Dankie vir die geskenk van U Seun - Jesus Christus.
Ek was in die "tronk" van sonde.
Geen hoeveelheid van goeie werke en moraliteit kon my red nie.
U het U Seun vir my gestuur om my uit die "tronk" van sonde te bevry.
En ek dank U, dat Jesus Sy bloed gestort het vir my om te ontsnap.
Hy het die duur prys betaal vir my vryheid.
En wie die Seun vrygemaak het, is vir altyd vry.
Vader, U het Jesus uit die dood opgewek as getuienis dat wat Hy gedoen het, het U aanvaar.
Jesus se bloed was my skoon - witter as sneeu.
Jesus Christus is my Heer en Verlosser.
Dankie Vader, my sondes is vergewe en ek is vry.
Ek is uitermate geseënd en hoogs begunstig.
In Jesus naam.
Amen.